Oorskiet Suurdeeg Plaatkoekies

Oorskiet Suurdeeg Plaatkoekies

Die ligste en donsigste plaatkoekies wat jy ooit in jou lewe sal eet! Die oorskiet suurdeeg gee dit 'n ongelooflike lekker smaak. Geniet dit saam met heuning, kaas, of wat ook al vir jou lekker klink.

 

Bestanddele:

Droë bestanddele:

  • 230g koekmeel
  • 20ml bakpoeier
  • 5ml sout
  • 60ml strooisuiker

Nat bestanddele:

  • 100g ongevoerde oorskiet suurdeeg
  • 2 eiers
  • 200ml melk/ karringmelk/ wei
  • 15ml olie

 

Metode:

  1. Meng droë bestanddele saam.
  2. Meng nat bestanddele saam.
  3. Meng droë en nat bestanddele saam tot goed gekombineer.
  4. Smeer 'n pan/ braaipan met olie en verhit.
  5. Skep eetlepels vol beslag in die pan en braai vir so een minuut per kant of tot gaar.
  6. Geniet!

 

Back to blog

Leave a comment

Please note, comments need to be approved before they are published.