Sagte Suurdeeg Toebroodjiebrood
Die sagste, lekkerste suurdeeg tooebroodjiebrood wat jy ooit in jou lewe sal eet.
Bestanddele:
- 425g meel
- 195g water
- 200g aktiewe suurdeeg
- 12g suiker
- 9g sout
- 60g sagte botter of margarien
Metode:
- Plaas al die bestanddele in 'n bak en meng saam tot goed gekombineer.
- Knie goed en laat deeg rus vir so 30 minute.
- Doen 3-4 rondtes rekke en voue elke 30 minute.
- Plaas die deeg in 'n gesmeerde broodpannetjie en laat rys.
- Voorverhit oond tot 250°C, stel temperatuur af na 180°C sodra die deeg ingaan en bak vir 45 minute.