Suurdeegbroodrolletjies ('Cocktail Rolls')

Suurdeegbroodrolletjies ('Cocktail Rolls')

Die lekkerste, oulikste klein suurdeegbroodrolletjies! Hierdie maklike resep lewer 24 'cocktail' broodrolletjies. Pas die hoeveelhede aan indien nodig. Die rolletjies is heerlik saam met sop, of sommer net so met lekker dik botter.

 

Bestanddele:

Droë bestanddele:

  • 5 eetlepels suiker
  • 1 eetlepel sout
  • 750g meel

Nat bestanddele:

  • 60g botter of margarien
  • 2 koppies melk
  • 200g aktiewe suurdeeg

 

Metode:

  1. Verhit die botter/margarien, melk, suiker en sout saam tot alles gesmelt het. Los 'n klein rukkie om af te koel.
  2. Meet die suurdeeg af en meng dit by afgekoelde melkmengsel.
  3. Voeg meel by en knie tot 'n lekker sagte deeg vorm.
  4. Laat die deeg vir 1 uur rus en doen dan 3-4 rondtes rekke en voue elke 30 minute.
  5. Laat die deeg so 50% rys.
  6. Voorverhit jou oond tot 200°C.
  7. Keer die deeg uit en verdeel in 24 gelyke dele. Vorm jou deeg in balletjies en plaas op 'n koekiepan of in 'n muffinpan.
  8. Opsioneel - bedek jou rolletjies met meel en doen 'n dekoratiewe insnyding.
  9. Bak vir 23-25 minute en laat effens afkoel voordat dit oorgeplaas word na 'n koelrakkie.
Back to blog

Leave a comment

Please note, comments need to be approved before they are published.