Oorskiet Suurdeeg Pita Broodjies
Compartilhar
Hierdie pita broodjies is vinnig en maklik om te maak en is 'n staatmaker vir 'n min-moeite naweek aandete.
Bestanddele:
Droë bestanddele:
- 450-500g meel
- 12g sout
- 10g suiker
- 1 pakkie kitsgis
Nat bestanddele:
- 225g water
- 200g ongevoerde oorskiet suurdeeg
- 25g olie
Metode:
- Meng al die bestanddele saam en knie goed (begin met 450g meel en voeg nog by indien nodig).
- Laat rys vir +/- 1 uur.
- Verdeel die deeg in 8 balletjies en laat rys vir 'n verdere 30 minute terwyl die oond en pannetjie voorverhit tot 250°C.
- Rol elke balletjie dun uit.
- Bak een of twee op 'n slag in 'n voorverhitte gietysterpan of op 'n pizzasteen vir 5 minute tot die pita opgepof het.
- Sit voor met vulsel van jou keuse en geniet!