Oorskiet Suurdeeg Soutkoekies ('Crackers')

Oorskiet Suurdeeg Soutkoekies ('Crackers')

Vinnige en verslawende southappies! Met slegs drie bestanddele is hierdie een van die eenvoudigste oorskiet suurdeegresepte. Geur met jou gunsteling spesery of net met sout, en siedaar - jy het 'n heerlike peuselhappie.

 

Bestanddele:

  • 200g oorskiet suurdeeg
  • 2 eetlepels afgekoelde gesmelte botter of margarien
  • 2 teelepels sout/ speserye van jou keuse

 

Metode:

  1. Meng al die bestanddele saam in 'n bak tot goed gekombineer.
  2. Smeer die mengsel in 'n dun lagie op bakpapier of 'n silikon bakmat. 
  3. Opsioneel: strooi nog sout en/of speserye bo-oor.
  4. Bak vir 10 minute in 'n 160°C voorverhitte oond.
  5. Verwyder uit oond en sny in blokkies in 'n grootte van jou keuse.
  6. Bak vir 'n verdere 20 minute.
  7. Hou mooi dop - dit kan vinnig brand!
  8. Laat afkoel en stoor in 'n lugdigte houer.
Voltar para o blogue