Oorskiet Suurdeeg Toevoupakkies ('Wraps')

Oorskiet Suurdeeg Toevoupakkies ('Wraps')

Hierdie toevoupakkies is regtig vinnig en so maklik om te maak. Dis een van my gunsteling resepte om te maak as ek nie weet wat om vir aandete voor te sit nie! Bedien met 'n vulsel van jou keuse.

 

Bestanddele:

Droë bestanddele:

  • 210g koekmeel
  • 7g sout

Nat bestanddele:

  • 56g botter of margarien
  • 100g ongevoerde oorskiet suurdeeg
  • 100g water

 

Metode:

  1. Meng meel en sout in 'n bak.
  2. Sny botter in en druk plat met 'n vurk of met jou hande tot goed geinkorporeer.
  3. Voeg water en oorskiet suurdeeg by en meng deur.
  4. Knie goed tot 'n balletjie vorm.
  5. Verdeel die deeg in 6 balletjies en laat rus vir 30 minute.
  6. Rol deeg baie dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak en vorm in 'n rowwe sirkel.
  7. Bak in 'n warm pan (sonder olie) vir +/- 30 sekondes per kant.
  8. Geniet!
Voltar para o blogue