Oorskiet Suurdeeg Grondboontjiebotterkoekies
Compartilhar
Ek en my man is beide lief vir grondboontjiebotterkoekies, en ons is albei van mening dat hierdie die lekkerste koekies is wat ek nog gebak het!
Bestanddele:
Droë bestanddele:
- 300g suiker
- 210g koekmeel
- 5ml bakpoeier
- 5ml sout
Nat bestanddele:
- 115g gesmelte botter
- 135g grondboontjiebotter
- 100g ongevoerde oorskiet suurdeeg
- 1 eier
- 10ml vanieljegeursel
Metode:
- Voorverhit oond tot 180°C.
- Klits suiker en nat bestanddele saam tot sag en romerig.
- Meng meel, sout en bakpoeier by tot 'n dik koekiedeeg vorm.
- Rol in balletjies (2 eetlepels se deeg) en rol elke balletjie in suiker.
- Plaas balletjies ver uit mekaar op 'n gesmeerde koekiepan en bak vir 12-15 minute.
- Laat afkoel en geniet!

