Suurdeegvetkoek

Suurdeegvetkoek

Vandat ek suurdeeg gebruik om vetkoek te maak, kan ek nie meer die smaak van kitsgis vetkoeke verdra nie! Hierdie vetkoekies is so lugtig en lig op die maag. Heerlik!

 

Bestanddele:

  • 500g koekmeel
  • 150g aktiewe suurdeeg
  • 10ml sout
  • 20ml suiker
  • 250–300 ml louwater

 

Metode:

  1. Meng al die bestanddele saam tot goed gekombineer.
  2. Knie tot deeg lekker styf en elasties is.
  3. Los die deeg om te rys tot dit verdubbel het in grootte.
  4. Keer die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit en rol uit/ druk plat tot dit so 2cm dik is.
  5. Gebruik 'n groot glas of beker om vetkoeke uit te druk, of sny in vierkante.
  6. Bedek die vetkoeke met 'n nat vadoek terwyl olie in jou pan verhit.
  7. Braai vetkoeke tot mooi bruin.
  8. Bedien met 'n lekker maalvleisvulsel of met kaas en heuning. Of wat ook al jy voor lus is!
Voltar para o blogue