Oorskiet Suurdeeg Pannekoek (Kleursel Opsioneel)

Oorskiet Suurdeeg Pannekoek (Kleursel Opsioneel)

Pannekoek is een van ons gunsteling etes. Ons wag nie vir reënerige dae om pannekoek te bak nie - pannekoek is altyd 'n goeie idee. Ons seuntjies is gek oor gekleurde pannekoeke - ek voeg net 'n paar druppels voedselkleursel by die beslag. Jy is welkom om hierdie stap uit te laat!

 

Bestanddele:

  • 1/2 koppie meel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2ml sout
  • 1/4 koppie olie
  • 1 koppie melk
  • 2 eiers
  • 1 koppie ongevoerde oorskiet suurdeeg

 

Metode:

  1. Klits al die bestanddele goed saam en maak seker dat daar geen klonte in die beslag is nie.
  2. Verhit 'n gesmeerde pan op die stoof.
  3. Skep 'n soplepel vol beslag in die warm pan, en bak tot gaar aan albei kante.
  4. Bedien met kaneelsuiker of vulsel van jou keuse.
Terug na blog