Oorskiet Suurdeeg Portugeuse Rolletjies ('Pão')

Oorskiet Suurdeeg Portugeuse Rolletjies ('Pão')

Ons het vir 'n paar jaar in Mosambiek gewoon, en dis hier waar ek geleer het hoe om pão te bak. Die plaaslike vrouens het tradisioneel die broodjies in klei-oonde gebak, maar hierdie resep werk net so lekker in 'n elektriese of gasoond. Ek het die Mosambiekse resep effens aangepas sodat ek oorskiet suurdeeg kan byvoeg.

 

Bestanddele:

  • 500g meel
  • 300ml water
  • 1 pakkie kitsgis
  • 1 eetlepel sout
  • 3 eetlepels suiker
  • 50g sagte botter of margarien
  • 200g oorskiet suurdeeg

 

Metode:

  1. Meng al die bestanddele saam en knie goed.
  2. Laat rys vir ongeveer 1 uur of tot die deeg verdubbel het.
  3. Voorverhit jou oond tot 240°C en plaas 'n pannetjie met water onder in.
  4. Verdeel jou deeg in 6 of 8 balletjies en vorm jou broodrolletjies.
  5. Plaas die rolletjies op 'n gesmeerde bakplaat.
  6. Bak vir 10 minute teen 240°C. Verwyder die bakkie met water na 10 minute en stel die oond af tot 220°C. Bak vir 'n verdere 20-30 minute tot gaar.
Terug na blog