Oorskiet Suurdeeg Oliebolle ('Donuts')
Deel
'n Nuwe tradisie in ons huis is om oliebolle in plaas van koek te eet as iemand verjaar. Hierdie resep verg nie te veel moeite of tyd nie, en lewer die heerlikste oliebolle!
Bestanddele:
- 3/4 koppie warm melk
- 1/4 koppie suiker
- 1 pakkie kitsgis
- 1/2 koppie oorskiet suurdeeg
- 2 eiers, geklits
- 1/2 koppie gesmelte botter of hoë-vet margarien
- 3 en 1/3 koppies meel
- 1 teelepel sout
- Olie vir diepbraai
Metode:
- Verhit melk vir 20 sekondes in die mikrogolf, voeg gis en suiker by en meng goed. Laat staan vir so 5 minute tot gis geaktiveer het.
- Smelt botter/margarien en laat afkoel.
- Voeg oorskiet suurdeeg, eiers en margarien by die melk-mengsel en meng goed.
- Voeg meel en sout by die mengsel en knie tot sagte deeg vorm. Laat staan vir 1 uur.
- Berei versiering van jou keuse voor. Ek het versiersuiker, kakaopoeier en water saamgemeng, sowel as 'n bakkie met kaneelsuiker gereed gekry.
- Rol deeg uit, en druk donut-vorms uit. Ek het 'n groot glas en 'n klein medisynekoppie gebruik.
- Braai donuts in diep olie, doop in versiersuiker terwyl dit nog warm is.
- Die klein balletjies word ook gebraai en is heerlik as dit in kaneelsuiker geskommel word.