Sagte Suurdeeg Toebroodjiebrood

Sagte Suurdeeg Toebroodjiebrood

Die sagste, lekkerste suurdeeg tooebroodjiebrood wat jy ooit in jou lewe sal eet. 

 

Bestanddele:

  • 425g meel
  • 195g water
  • 200g aktiewe suurdeeg
  • 12g suiker
  • 9g sout
  • 60g sagte botter of margarien

 

Metode:

  1. Plaas al die bestanddele in 'n bak en meng saam tot goed gekombineer.
  2. Knie goed en laat deeg rus vir so 30 minute.
  3. Doen 3-4 rondtes rekke en voue elke 30 minute.
  4. Plaas die deeg in 'n gesmeerde broodpannetjie en laat rys.
  5. Voorverhit oond tot 250°C, stel temperatuur af na 180°C sodra die deeg ingaan en bak vir 45 minute.
Terug na blog

Los 'n opmerking

Let asseblief daarop dat kommentaar goedgekeur moet word voordat dit gepubliseer word.