Suurdeegbeskuit
Deel
Wat is lekkerder as om 'n varsgebakte beskuit in jou koffie te doop? Maak daardie beskuit met suurdeeg, en dis selfs nog lekkerder! Hierdie resep bevat bestanddele wat ek gewoonlik in die spens het. Ons seuntjies is lief om hierdie voedsame, vullende beskuit sommer vir eerste ontbyt te geniet.
Bestanddele:
- 1kg koekmeel of bruismeel
- 2 eiers, geklits
- 1.5 koppie suiker
- 3 koppies van jou keuse: klapper, hawermout, sade, muesli, neute, semels, rosyne
- 150g aktiewe suurdeeg
- halwe eetlepel sout
- 500ml karringmelk of wei
- 60ml olie
- 250g botter of margarien, gesmelt
Metode:
- Meng al die bestanddele saam en knie goed.
- Laat rys oornag.
- Plaas deeg in 'n gesmeerde oondpan/beskuitpan en druk plat.
- Bak vir 1 uur teen 180°C.
- Laat afkoel en sny in beskuitjies.
- Laat droog in jou oond vir 'n paar uur teen 50°C tot heeltemal droog.