Suster Suurdeeg
Saartjie - Gedroogde Suurdeegkultuur Beginnerspakket
Saartjie - Gedroogde Suurdeegkultuur Beginnerspakket
Couldn't load pickup availability
Ontmoet vir Saartjie – Suster Suurdeeg se eie suurdeegplantjie, nou beskikbaar in gedroogde vorm!
Droom jy daarvan om met suurdeeg te begin bak, maar wil jy nie weke wag vir 'n nuwe kultuur om sterk genoeg te word nie? Dan is Saartjie die perfekte beginpunt.
Al neem dit gewoonlik 3–5 dae om 'n gedroogde suurdeegkultuur weer volledig te aktiveer, is dit heelwat vinniger as om 'n kultuur van nuuts af te begin, wat maklik 9–14 dae kan neem.
Die wonderlike van 'n gedroogde suurdeegkultuur is dat dit, indien dit in 'n lugdigte houer geberg word, vir langer as twee jaar bewaar kan word. Wanneer jy gereed is om weer te bak, hidreer jy dit eenvoudig en Saartjie is weer gereed om saam met jou heerlike brode te skep.
Jou pakkie bevat:
• 20 g gedroogde suurdeegkultuur (Saartjie)
• 'n Silikonmenger
• 'n Deegskrapertjie
• 'n Omvattende PDF-gids met stap-vir-stap instruksies om Saartjie weer te hidreer
• Toegang tot 'n eksklusiewe WhatsApp-groep waar ek jou persoonlik ondersteun en al jou vrae beantwoord terwyl jy jou kultuur weer lewendig maak.
Jy hoef dus nie hierdie proses alleen aan te pak nie – ek stap die pad saam met jou, van die eerste voeding totdat Saartjie gereed is om haar eerste brood saam met jou te bak.
Versending: Pakkies word binne 5–7 werksdae via Pudo versend (posgeld ingesluit).
Share
