Slaan oor na produkinligting
1 van 1

Suster Suurdeeg

Begin Jou Eie Suurdeegkultuur - PDF Gids en WhatsApp Groep

Begin Jou Eie Suurdeegkultuur - PDF Gids en WhatsApp Groep

Gereelde prys R 99.00
Gereelde prys Verkoop prys R 99.00
Uitverkoping Uitverkoop

Begin jou eie suurdeegkultuur

Jou eerste tree na die wonderlike wêreld van suurdeegbak!

Droom jy daarvan om jou eie suurdeegbroodjies te bak, maar weet jy nie waar om te begin nie? Kom ons begin by die begin, met jou eie suurdeegkultuur!

Met hierdie praktiese, stap-vir-stap gids help Suster Suurdeeg jou om van gewone meel en water jou eie lewende suurdeegkultuur te kweek. Jy hoef nie 'n kenner te wees of duur toerusting te hê nie. Al wat jy nodig het, is 'n paar eenvoudige bestanddele, 'n bietjie geduld en die regte leiding.

Wat sal jy in hierdie gids leer?

🍞 Hoe om jou eie suurdeegkultuur van nuuts af te begin.

🍞 Dag-vir-dag instruksies om jou deur die beginproses te lei.

🍞 Hoe en wanneer om jou kultuur te voed.

🍞 Hoe om te weet as jou kultuur gereed is om mee te bak.

🍞 Suurdeegkultuur probleemoplossing.

🍞 Hoe om oorskiet suurdeeg te gebruik met heerlike, praktiese resepte.

 

En dis nie al nie!

Jou aankoop sluit ook toegang tot 'n eksklusiewe Suster Suurdeeg-WhatsApp-groep in, waar jy ondersteuning kan kry en jou suurdeegreis saam met ander beginners kan aanpak.

Jy hoef nie alles op jou eie uit te pluis nie. Laat Ousus jou leer, van my hart en my kombuis na joune!

Wat ontvang jy?

  • 'n Praktiese PDF-gids wat jy digitaal kan aflaai.

  • Stap-vir-stap en dag-vir-dag instruksies.

  • 'n Voedingskedule om op jou yskas te plak.

  • Oorskiet suurdeegresepte.

  • Toegang tot die eksklusiewe WhatsApp-groep vir ondersteuning.

Belangrik om te weet: Hierdie gids fokus op die begin en versorging van jou suurdeegkultuur. Jou kultuur sal eers gereed moet wees voordat jy daarmee kan bak, en die tyd wat dit neem, kan van kombuis tot kombuis verskil.

Kom ons kweek saam iets besonders!

Bekyk volledige besonderhede